Showing posts with label Grobbelaar familie. Show all posts

Selfoon toets (plus 'n Shani foto)

Hierdie is 'n toets pos van my selfoon af, om te sien of ek kan "blog on the go"

Hier bo is 'n foto van Shani wat ek met my selfoon geneem het toe ons saam die Walliese Mannekoor gaan kyk het op 'n bitterlik koue aand. Ek dink sy was bang haar neus val af van die koue. Of sy was kamera sku. Of sy't haar Eskimo wortels ontdek. Ek kan nie meer onthou nie, maar dis 'n baie oulike 'look' vir haar, né? :p

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...

"Hillsongs United" in Pretoria

Ek en Shani het Hillsong United se worship event bygewoon die naweek (22 November) -- daar was 'n magdom mense en dit was baie nice gewees.

Dit het heeldag in Pretoria en Centurion swaar gereën, en daar was selfs van plek tot plek donderweer, behalwe op die Joolplaas waar die (opelug) konsert was. Dit was 'n wonderwerk.

Hier is 'n kort movieclip wat ek met my mik-en-druk geneem het.

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...

Ouma Grobbelaar is oorlede


Dit is nogal vreemd, die skok en gevoel van ontkenning wat deur mens se lyf gaan wanneer iemand vir jou sê 'n familielid is dood.

Ek kan nog nie besluit wat is erger nie: die hartseer dat die persoon weg is, of die verwyt oor dinge wat jy nog wou doen en nou nooit kan nie.

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...

Passion World Tour Johannesburg

Ek en Shani het Passion World Tour se Johannesburg byeenkoms bygewoon. Ek het 'n opskrywing in my ander blog gemaak - jy kan gaan loer as jy wil. Daar's ook links na die Passion blog wat foto's en opskrywings van die dag bevat.

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...

Dankie vir al die verjaarsdag-wense!

Aan almal wat my geluk gewens het met my verjaarsdag, BAIE dankie! Ek waardeer veral dat elkeen van my gesin my persoonlik gebel het -- ek is so verskriklik lief vir julle! :-*

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...

Danie se Europa koor-toer

Danie se koor toer tans in Europa, en hy stuur elke paar dae 'n sms vir my ma, wat sy dan pligsgetrou aan almal aanstuur. Ek wil hierdie inskrywing aan sy smse wei - ek dink ons sal dit eendag met 'n groot glimlag lees :-) Hier volg die smse, spelling-en-al.

30 Junie
"Halo my gesin!K het mar vi my i vodafone sim gekoop!alles is so duur hier!So danki vi al di geld!Prague is PRAGTIG!n als!Ns bly in i 4ster hotel! Liefde Danie!"
1 Julie
"Halo! Gan na i volgende dorp toe..in tjeggia.. Lief vi almal da! Danie"
3 Julie
"Halo da! Ons gan deur saltzburg ry opad na spital-kompetisie... Lief jule almal!"
7 Julie
"Hi almal! Ons verlaat Spittal, Oostenryk. :-(
Dis ontsettend moi hie! Het di wondrlikste vriende/-inne gemaak sover op di toer! Gan nou duitsland toe. Liefde!"
8 Julie
"Hi! K het vanaand dokter toe gegan om i abses in my oogbank skoon te maak... Dit lyk asof dit gan reg wees... Dis leke in duitsland! Liefde, danie!"
9 Julie
"Hi almal! Jamr dat k so min lat weet! Dit is moeilik om smse gestuur te kry... Ns verlaat duitsland n gan nederland toe...540km!:-S dit het ns gister 11 ure geneem om 600km te ry... Ns gasteouers was wondrlik gewees! Mis hule kla! Mis jule nog meer!! Lief vi almal da! Danie"
11 Julie
"Hallo! Dit gaan nog lekker hier op toer...Raak net bietjie lank! Is nou in Nederland, waar ons laaste dae is, van hier af gaan ons vlieg... Die weer is baie bedruk...en koud...en reën...maar darem is alles lekker!!
Ons bly by gaste ouers tot maandag, dan gaan ons terug... Is op die oomblik bietjie stemloos en siek, maar gan anders goed! Stuur groete aan almal!! Lief vir almal daar!! Danie."

15 Julie

"Ns is veilig in RSA ... Sal lat weet as k in potch is... Liefde Danie."

"Halo! Ks veilig in potch! Gan nou slaap...n dan leer vi my her... Liefde :-* danie."

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...

Besige naweek vir almal behalwe ons

Nog 'n naweek suksesvol afgehandel :-) Dit was baie rustig, geen gekuier of weggaan nie. Ek kan natuurlik nie dieselfde sê van die res van my onmiddelike familie nie...

Danie se koor toer in Europa, Shani doen duikrolle in Namibië (wel, eintlik stap sy, die gerol was teen geen ekstra koste ingesluit), Johan se ouers kuier in Noorweë, my ouers kuier op 'n plaas naby Mesina, Carla is weg saam met 'n vriend... sjoe, almal het hulself goed bekwaam hierdie naweek!

Ek het Saterdag vir my 2 nuwe craft boeke gekoop, en is nou besig om 'n projek uit een uit te maak. Sien, ek was darem bietjie besig. (Sal die eindresultaat op Creative Paper Trail pos as dit klaar is.)

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...

Dirk trou vandag!

My liefste neef Dirk het vandag getrou! Ek is so bly hy't uiteindelik 'n maatjie gekry - ek het gewonder wanneer hy 'n vrou gaan kry wat hom waardig is. Dirk & Michelle het baie goed gelyk - dit was pragtig. Het 'n klomp van die Grobbelaars weer vir die eerste keer in jare gesien (jy weet mos wat hul sê van troues & begrafnisse...).

[ Hou die spasie dop vir foto's ]

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...

My ma se voet operasie

My ma gaan vandag in vir 'n voet operasie in Pretoria (Jakaranda Hospitaal). Haar voet het 'n 'ding' wat moet uitgesny word, want sy het baie pyn. Sy is baie braaf - maar ek dink ook sy is moeg vir die pyn, so braaf is die enigste uitweg. Dink asb. aan haar.

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...

Grobbelaar huwelik herdenking

Ek hoop almal het onthou van Pappa en Mamma se huweliksherdenking vandag - spesifiek Pappa :-) Ek hoop Mamma het 'n groot bos blomme gekry...

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...