Oor myself

18:28 CornflowerBlues 0 Kommentaar

Hi daar! Ek is Elmi Raubenheimer, is sedert 2002 getroud met Johan en is die trotse ma van 'n klein dogtertjie, Linnae, ons eerste kind. Ek kom uit 'n gesin wat baie na aan mekaar is, en omdat ek so ver van my ouerhuis af bly is hierdie blog hoe ek my lewe met my familie deel.

Hier deel ek spesifiek goed met hulle wat persoonlik, familie-verwand en (meestal) in Afrikaans is, maar ek het wel 'n ander blog waar ek spesifiek oor my stokperdjies skryf in Engels, soos my liefde vir kaartjies maak (paper crafts), asook my skrywery en stories.

Moenie skroom om 'n boodskap te los nie, dis altyd lekker om van mense te hoor.