Showing posts with label Vriende. Show all posts

VVV = vriende + vis + vet pret!

Ek wou net 'n paar foto's deel van ons onlangse kuier met 2 baie spesiale mense, Franszo & sy vrou Welmien. Franszo het vis saamgebring wat hy spesiaal vir ons in Namibie gaan vang het (!!), en Johan het die taak van Meester Vis-Braaier baie BAIE ernstig opgeneem :-)


Behalwe vir die ongelooflike kos en baie lekker kuier, het ons na die tyd ook 'n bietjie (OK, baie) GuitarHero3* gespeel - en die manne het nie te sleg gedoen nie... behalwe dat ek en Welmien hul alies geskop het!!! Girls Rock!!!

* Ek wil net amptelik sê dat ek RockBand2 veel eerder verkies as GuitarHero - die songs (i.t.v. lirieke) en grafiese elemente is baie meer aanvaarbaar... en die vroue karakters het bietjie meer klere aan :-P

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...

Laurico se eersteling is hier!

Aag, die vreugde, die opwinding, die trane van geluk... ek het hierdie foto vandag op my foon ontvang:

"Benrico se gaap"


Hy is vandag gebore te Pietersburg (Polokwane). Is dit nie kosbaar nie!

* Vir dié van jul wat minder bekend is met my familie & wonder wie Laurico is, nee sy's nie 'n Grobbelaar of 'n Raubenheimer nie... sy was my beste vriendin op hoërskool, tot vandag toe.

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...

Maryke is swanger

Maryke het my vandag ge-sms om te sê sy is swanger - WOW! :-)

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...

Jan trou ook!

Laurico se troufoto's is nog nie eers van my kamera afgelaai nie, toe breek Jan s'n aan vandag. Liana het pragtig gelyk, en die dag het soos 'n droom verloop. Hy was sekerlik een van die gretigste bruidegomme wat ek nóg gesien het - tydens die preek kon hy nie ophou om sy kop te knik nie, en hy het sommer 4 keer "ja" gesê, net vir ingeval ;-)
Die ander lekker deel van die dag was dat dit soos 'n reünie was - ek het langs Maryk & haar man gesit, & met Dawie gekuier, en Kobus was ook daar... Ek is dankbaar vir troues; dit bring mense weer bymekaar. Ek stel voor dat almal ten minste 1 keer 'n jaar moet trou. Dan sal vriende nooit hoef te vervreem nie.

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...

Laurico en Eben trou... uiteindelik

Dit het uiteindelik gebeur... Laurico en Eben het uiteindelik die knoop deurgehaak. Dis hoogtyd. Die ding rek al uit van 1999 af. Ek was skoon onkant gevang met die uitdrukking van totale geluk en saligheid wat heelaand op Eben se bakkies was. En Laurico het gestraal soos ek haar lanklaas gesien het. Hul was so gemaklik en gelukkig, ek het sommer begin huil van vreugde! Ek kon nie gelukkiger gewees het as sy my eie sussie was nie!

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...

Lily se ma is oorlede

Een van my beste vriendinne, Lily, se ma is laas week oorlede. Dit het vir my gekom as 'n skok, want ons was nog by die see gesellig besig om as gesin 'n speletjie saam te speel toe sy my bel. As gevolg van die Kersseisoen en AFBOB se besige skedule, is die begrafnis eers more. Ek het besluit om deur te ry Pietersburg toe want die twee belangrikste goed vir Lily is haar familie, en haar vriende, en sy gaan almal se teenwoordigheid nodig hê. Hierdie is 'n verskriklike tyd om die belangrikste persoon in jou lewe te verloor.

Hier is die gedig wat sy vir haar ma geskryf het wat op die begrafnisbrief gedruk is:

Ma

Ma, ek skryf vir jou 'n gedig sonder fensie leestekens
sonder woorde wat rym sonder bywoorde
net sommer 'n kaalvoet gedig -
want jy maak my groot in jou krom klein handjies
jy beitel my met jou swart oë en spits woorde
jy draai jou leiklipkop
jy lag en breek my tente op
maar jy offer my elke aand vir jou Here God.
jou moesie-oor is my enigste telefoon
jou huis my enigste bybel
jou naam my breekwater teen die lewe.

(deur Lily Kotzé, aan Naomi Leoni Kotzé, 12 Jul. 1949 - 16 Des. 2005)

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...