Showing posts with label Goed wat ons bywoon. Show all posts

Luidkeels 3 Live DVD opname


Ek en Shani het Saterdag Luidkeels 3: Oorgegee bygewoon. Dit was 'n belewenis! Die musiek was — tipies Retief-styl — eerlik, baie persoonlik, passievol, uit die Skrif, en natuurlik Afrikaans :).



Retief se nederigheid en opregtheid voor God en mense slaan elke keer my voete onder my uit. Hy is 'n Dawid, wie se getrouheid en geloof in privaatheid gelei het tot 'n plek waar God hom vertrou met soveel in die publiek.

Hier onder is 'n stukkie van 'n song wat 'n groot treffer gaan word in SA kerke. Ongelukkig het my memory kaart vol geraak 2 sekondes in die song in...

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...

"Hillsongs United" in Pretoria

Ek en Shani het Hillsong United se worship event bygewoon die naweek (22 November) -- daar was 'n magdom mense en dit was baie nice gewees.

Dit het heeldag in Pretoria en Centurion swaar gereën, en daar was selfs van plek tot plek donderweer, behalwe op die Joolplaas waar die (opelug) konsert was. Dit was 'n wonderwerk.

Hier is 'n kort movieclip wat ek met my mik-en-druk geneem het.

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...

Passion World Tour Johannesburg

Ek en Shani het Passion World Tour se Johannesburg byeenkoms bygewoon. Ek het 'n opskrywing in my ander blog gemaak - jy kan gaan loer as jy wil. Daar's ook links na die Passion blog wat foto's en opskrywings van die dag bevat.

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...