Showing posts with label Ek dog net ek sĂȘ.... Show all posts

Evolusie en die alewige skeppingsleer debakel

So 'n rukkie terug het ek geskryf oor Informasie Oorbelading waarin ek navorsing aangehaal het via 'n nuus artikel op Discovery.com. Die skrywer van daardie artikel—'n wetenskaplike—het 'n soliede artikel geskryf, maar sy slotsom aangaande evolusie vs. skeppingsleer was definitief nie wetenskaplik nie. As 'n intelligente, denkende Christen kon ek dit nie ignoreer nie en het belowe om 'n opvolg te skryf wat spesifiek dit aanspreek. Hierdie artikel is Deel 1 van 2.

Deel 1: Evolusie en die alewige Skeppingsleer debakel


In die artikel "1 in 4 Americans Don't Know Earth Orbits the Sun. Yes, Really" het die joernalis/wetenskaplike, Ian O'Neill, die stand van wetenskap in Amerika bekla—en hy het al my simpatie—maar hy het ongelukkig 'n kritiese fout gemaak na die einde toe waar hy die toestand van wetenskap in Amerikaanse skole kritiseer, en dit het my met 'n suur smaak in die mond gelos.

Hy het verwys na sommige Amerikaanse state wat publieke skole toelaat om alternatiewe tot evolusie (spesifiek skeppingsleer, of creationism) saam met hul evolusie kurrikulum te leer, en het daaroor gesĂȘ:

"Schools across the nation are currently facing the unthinkable notion of teaching creationism alongside evolution in science classrooms. The fact that religion is given the same standing as science is not only absurd, it's a fundamental institutional failing where children (who may be excited to learn about science) will grow up with a second-rate education, neglecting decades of scientific knowledge in favor of pseudo-scientific religious agendas.

For a nation that prides itself on science and discovery, it will be a tragedy on a national scale if fundamental science is undercut by superstition and the bad policies it inspires."
– Ian O'Neill, "1 in 4 Americans Don't Know Earth Orbits the Sun. Yes, Really." Discovery.com News, 14 February 2014 (my beklemtoning)

Dis 'n mondvol, so laat ek dit gou afbreek. Wat hy eintlik sĂȘ is dat skeppingsleer, wat gewortel is in godsdiens (en let op die insinuasie dat godsdiens en wetenskap onversoenbaar is—praat van agendas), lankal verkeerd bewys is deur evolusie, of in ander woorde, dat skeppingsleer wat gebaseer is op superstisie en wensdenkery, dekades terug al vervang is met die beter, wetenskaplike opsie genaamd evolusie.

Die skrywer het daar sy eie blindheid uitgelig, wat ongelukkig die blindheid is van meeste wetenskaplikes vandag.

Godsdiens is nie superstisie nie

O'Neill se openlike minagting vir godsdiens is ongeskik en disrespekvol, maar sy sentiment is nietemin te verstane en definitief nie uniek nie. Sy stelling dat godsdiens dieselfde is as superstisie is egter 'n probleem, en meer so omdat dit uit die mond van 'n wetenskaplike kom.

Superstisie praat van 'n geloof in die irrasionele, iets wat onmoontlik kan waar wees en geen gronde vir bestaan het nie. As 'n slim, helderdenkende, pro-wetenskaplike Christen, neem ek geweldig aanstoot oor so 'n blatant onkundige stelling. Ek gee nie om hoe verlig iemand homself ag nie, enigiemand wat objektief kyk na die bewyse vir 'n realm buite die fisiese (i.e. buite die empiriese) asook die bestaan van 'n geestelike kant van die mens, sal sien dat dit baie sterk daarop dui, nie daarteen nie. (Omdat dit buite die realm van wetenskap lĂȘ is daar geen manier om sonder twyfel te bewys dat dit bestaan of nie bestaan nie; omstandigheidsbewyse ("circumstantial evidence") en interpretasie is die beste wat ons kan doen.)

In wetenskaplike terme skep dit genoeg redelike twyfel ("reasonable doubt") dat 'n objektiewe wetenskaplike die moontlikheid data dit bestaan sal erken, selfs al glo hy nie self daarin of stem hy nie saam met "godsdiens" nie.

Die probleem met evolusie

Ek stem wel saam dat 'n wetenskap klaskamer nie die plek is om jou Bybel (of enige godsdienstige teks) uit te ruk nie. My beswaar is dat O'Neill een oomblik kla oor "pseudo-scientific ... agendas" en dan die volgende oomblik evolusie, wat in dié geval areas soos die Big Bang Teorie en makro-evolusie insluit, klassifiseer as "fundamental science".

Die Big Bang Teorie, ten spyt van sy wye ondersteuning, maak 'n paar kontroversiële aannames, en dis 'n belediging vir die integriteit van wetenskap om dit "fundamenteel" te noem.

Voor ek verder gaan moet ek eers verduidelik wat die probleem is met evolusie.

Evolusie is 'n sambreelterm wat diverse vakgebiede insluit, en elemente dek van biologie, wetenskap, en sterrekunde, tot geografie en meer, elkeen met sy eie sub-studierigtings.

Die probleem is nie met hierdie studievelde nie, maar slegs met die dele daarvan wat buite die empiriese lĂȘ, soos diĂ© wat probeer verduidelik waar ons en ons wĂȘreld vandaan kom, en ook die enigste areas is wat in hierdie geval relevant is omdat dit oorvleuel met skeppingsleer. Areas soos inter-spesie- of makro-evolusie, die Big Bang Teorie, ens.

Big Bang Teorie: 'n Gebreekte Model

Omdat dit buite die realm van empiriese bewyse val, is die Big Bang Teorie wat ons noem 'n wetenskaplike model(2). 'n Model is 'n hipotese wat geformuleer word deur observasies en bestaande data te kombineer met insig en afleidings. Modelle word gebruik om situasies te verduidelik wat nie direk toetsbaar is nie. Dit is 'n belangrike en waardevolle deel van wetenskap omdat modelle gebruik kan word om akkurate, toetsbare voorspellings te maak oor onbekende scenarios. 'n Belangrike eienskap van 'n wetenskaplike model is dat, indien die model faal, die konsensus is dat die hipotese vals is.

Die probleem met die Big Bang Teorie, makro-evolusie, ens. is dat dit nie voldoen aan die basiese definisie van 'n wetenskaplike model nie, alhoewel dit as 'n model geleer en selfs gebruik word.

In plaas van om akkurate stellings te maak oor ons heelal en oorsprong, word die Big Bang Teorie elke keer aangepas sodra 'n nuwe, onverwagse ontdekking gemaak word. Dit plaas die Teorie in dieselfde kategorie as die noodlot—onvoorspelbaar en lukraak ("random"). Dit is nie wetenskap nie, maak nie saak hoe jy daarna kyk nie, maar wel 'n goeie voorbeeld van 'n pseudowetenskap(1).

Hierdie tekortkoming spreek nie eers die spesifieke gate in die teorie aan wat sterk wetenskaplike teen-bewyse of teenkanting het nie(3). Verder word daar ook nooit in skole genoem dat daar alternatiewe(4) is tot die Big Bang Teorie, of dat daar gerespekteerde wetenskaplikes is wat alternatiewe teorieë voorstaan bo die Big Bang nie.

Evolusie—spesifiek die Big Bang Teorie en makro-evolusie—word gepreek vanaf die wetenskap kansel as die enigste volle waarheid. Dit maak O'Neill en sy kollegas deel van 'n gekraakte fondasie wat lei tot daardie "second-rate education" wat hom so affronteer.

Ek het simpatie met die beswaar teen skeppingsleer wat in skole geleer word; ek verstaan dat dit 'n gevaarlike presedent skep wanneer godsdiens geleer word as "feite" vanaf 'n platvorm wat veronderstel is om objektief en neutraal te wees.

Maar dit is presies hoekom O'Neill se gevolgtrekking my so kwaad maak, want sy eie lieflingskind—evolusie—se tekortkominge is geensins meer aanbeveelbaar as iets soos skeppingsleer nie, wat, as jy God se naam daar uithaal, ook 'n wetenskaplike model het genaamd intelligente ontwerp ("intelligent design").

Die evolusie voorstanders is baie vinnig om intelligente ontwerp se tekortkominge en uitdagings uit te wys—en daar's genoeg daarvan, ek weet. My antwoord vir hulle is: people who live in glass houses shouldn't throw stones.

Hoekom is dit dan dat die Big Bang Teorie so aggressief verdedig word deur wetenskaplikes en die media as die enigste antwoord, as fundamentele wetenskap, wanneer dit nie 'n suiwer wetenskaplike fondasie het nie en ook nie die enigste opsie is nie?

Het ons kinders dan nie die reg om die volle waarheid, foute en al, te hoor nie? Het hul nie die reg om te weet dat hul opsies het nie?

Wel, dit is waar die spreekwoordelike pĂŽpĂŽ die fan strike, soos hul sĂȘ, maar dit is 'n onderwerp vir 'n volgende keer.

As jy wil weet wanneer "Deel 2: God vs. die "Primordial Soup" ge-post word, los 'n comment.



Bronne:
  1. Pseudoscience (http://en.wikipedia.org/wiki/Pseudoscience)
  2. A Closer Look: Scientific Models (http://www.learner.org/courses/essential/physicalsci/session2/closer1.html)
  3. The Top 30 Problems with the Big Bang (http://metaresearch.org/cosmology/BB-top-30.asp)
  4. How the Big Bang theory works (http://science.howstuffworks.com/dictionary/astronomy-terms/big-bang-theory7.htm)

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...

Informasie oorbelading maak mense dom



Ek is so dankbaar om in die 21e eeu te kan leef. Ons het rekenaars en internet, massiewe winkelsentrums, motorkarre, mikrogolf oonde, menseregte, Hollywood, global warming, ruimtevaart, espresso, Wikipedia, selfone, gesnyde brood, en meer kennis beskikbaar binne 'n oogwink (of 'n Google soektog) as wat die mensdom nog ooit gehad het. Ons is verlig, en baie trots daarop.

So verbeel jou my skok toe ek lees dat 25% Amerikaners—dit is 1 uit elke 4!— nie weet dat die aarde om die son draai nie. Jy't reg gelees. Dit is die nuutste data volgens 'n National Science Foundation (NSF) poll wat in Amerika gedoen is. Dit is vandag, nie 10 of 20 jaar terug nie. As dit die statistiek in Amerika is, wil ek nie eers waag raai hoe dit op ander plekke (soos in ons liewe Suid-Afrika) lyk nie.

Hierdie situasie is natuurlik baie ironies. As verligte, moderne mense wys ons graag vinger na die donker eeue en lag vir die onkunde van mense wat geglo het die aarde is plat, of skud ons koppe vir dokters wat mense gebloei het om van siektes (ie. die slegte bloed) ontslae te raak. Erger, 'n bekende reaksie op die maagdelike geboorte van Jesus is dat "die mense van die outyd te stupid was om te weet waar babatjies vandaan kom, maar gelukkig weet ons vandag van beter." Ons voel baie trots op hoe ver ons gekom het.

Ongelukkig is die realiteit dat hoewel die mensdom dalk ver gekom het in terme van uitvindings en kennis, mense nie meer ingelig of slimmer is nie. Inteendeel, ek sien al meer hoe ons as 'n samelewing aan informasie oorbelading ly. Die gevolg is dat die kwaliteit van algemene kennis baie agteruit gegaan het: vra iemand op straat om 'n vuur te maak sonder vuurhoutjies, of om die 5 voedselgroepe te noem, en hy sal nie kan nie, maar vra hom wie is 1Direction of wat beteken 007...

Informasie oorbelading is 'n baie interessante onderwerp, en meer algemeen as wat ons dink (in vandag se wĂȘreld ly meeste mense tot 'n mate daaraan—ek wed jou jy doen ook). Dit lei ook tot 'n toestand genaamd Besluitnemingsuitputting (Decision Fatigue), iets wat Johan tans erg mee sukkel. Hier's 'n paar artikels wat daarop uitbrei:
  1. Information Overload (Global Dev. Research Center)
  2. Overcoming Information Overload (psychcentral.com) 
  3. Understanding Information Overload (www.infogineering.net)

Ter interessantheid, daardie selfde poll het ook tot die lig gebring dat die meerderheid jong Amerikaners dink astrologie is 'n wetenskap, m.a.w. jou horoskoop is gebaseer op wetenskaplike bevindings.

Kan jy jou indink?

Belangrike naskrif:


Ek wou daar ophou, maar het besef ek moet net iets noem oor die artikel wat ek na verwys het ter wille van my gewete, want die skrywer het afgesluit met 'n uitlating oor Skeppingsleer vs. Evolusie wat nie net onwaar is nie, maar ook dui op sy onkunde en totale partydigheid.

Ek het 'n aparte pos geskryf hieroor: Deel 1: Evolusie vs. die alewige Skeppingsleer debakel—toe ek eers begin tik, toe vind ek ek het nogal baie daaroor te sĂȘ :-).

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...

Daai straatbrak Depressie


Bron: World Health Organisation via Upworthy.com

Daai straatbrak Depressie

Shh, daar's 'n straatbrak wat tjank voor my deur.
Hy probeer daagliks om my te steur.
Hy soek na 'n huis
en lyk reeds heel te tuis.
...en hy's IN voor ek hom nog kan keer.

Shh, daai swart hond lĂȘ nou op my bed.
Hy stink, hy's vol vlooie en vet.
Maak nie saak hoeveel keer
ek hom jaag nie, hy kom weer–
hy's gulsig vir als wat ek het.

Shh, my hondjie slaap vas op my skoot.
Wel, hy's eintlik 'n hond want hy's gro-o-o-ot.
En ja, hy's steeds vuil,
en hy laat my soms huil,
maar hy sweer hy's getrou tot die dood.

– Elmi Raubenheimer, 2014



Bron: World Health Organisation

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...

Wysheid in 'n glashouer


A meteorology professor stood before his Meteorology 101 class and had some items in front of him. When the class began, wordlessly he picked up a very large and empty glass mayonnaise jar and proceeded to fill it with golf balls. He then asked the students if the jar was full. They agreed that it was.

The professor then picked up a jar of pebbles and poured them into the jar. He shook the jar lightly. The pebbles, of course, rolled into the open spaces between the golf balls. He then asked the students again if the jar was full. They agreed it was.

The professor picked up a box of sand and poured it into the jar and of course the sand filled up everything else. He asked once more if the jar was full. The students responded with an unanimous yes.

The professor then produced two cans of beer from under the table and then proceeded to pour the entire contents into the jar, effectively filling the empty space between the grains of sand.

The students laughed.

"Now," said the professor, as the laughter subsided, "I want you to recognize that this jar represents your life. The golf balls are the important things -- your family, your partner, your health, your children, your friends, your favorite passions -- things that if everything else was lost and only they remained, your life would still be full.

"The pebbles are the other things that matter, like your job, your house, your car. The sand is everything else -- the small stuff.

"If you put the sand into the jar first," he continued, "there is no room for the pebbles or the golf balls. The same goes for your life. If you spend all your time and energy on the small stuff, you will never have room for the things that are important to you. Pay attention to the things that are critical to your happiness. Play with your children. Take time to get medical checkups. Take your partner out dancing. Play another 18.

"There will always be time to go to work, clean the house, give a dinner party and fix the disposal. Take care of the golf balls first -- the things that really matter. Set your priorities. The rest is just sand." One of the students raised her hand and inquired what the beer represented.

The professor smiled. "I'm glad you asked. It just goes to show you that no matter how full your life may seem, there's always room for a couple of beers."

{Source}

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...

Aangaande oggende

... dis hoe ek daaroor voel:
http://pinterest.com/pin/95349717081422158/

Source: Samantha on Pinterest

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...

Die selfoon-dinges


Ek kan soms so vies raak as mense in geselskap net alles los want hul selfoon lui. Terwyl jy besig is om met hul te praat sal hul bloot hul foon optel en met iemand anders begin gesels. Die vermetelheid! Daar is min dinge wat my so frustree... o, wag net gou, my selfoon lui.
"Hallo?"

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...

Om 'n eiertjie te lĂȘ...

Ek was van plan om 'n lang, boring storie te tik van ons rustige, lekker Saterdag, hoe ons rondgery het, roomys gaan eet het, impulsief Italiaanse pizzas bestel het vir aandete, hoe...

en toe besluit ek, ek gaan eerder nou bed toe. Laat iemand anders maar 'n eiertjie of twee lĂȘ.

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...