Showing posts with label Troeteldiere. Show all posts

Missy is weg... gaan dit ooit end kry?


Dis met 'n baie swaar hart dat ek hierdie post skryf... Dis nou net oor 'n maand vandat Missy weggeraak het en my hartjie is baie seer :*(

Sondag, 27 Maart 2011, het Missy nie huis toe gekom nie. Dit was terwyl ek en Johan op ons koorkamp was, wat die nuus nog swaarder gemaak het. Missy het 'n halsbandjie aan (iets wat my ander wegloop katte nie gehad het nie), so daar is darem 'n klein ligpuntjie, maar ondervinding het my geleer om nie te veel te hoop nie. Nou het Chino haar maatjie verloor...

Sy is my derde kat wat weg is en my hart is al voos getreur. Ons het haar en Chino in Desember 2009 gekry, so ek het haar darem 1¼ jaar gehad, 'n hele 9 maande langer as Lucky of Chino I, wat beide na ± 6 maande weggeraak het.

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...

Hoe om jou katjie 'n pilletjie te gee


'n Kort handleiding in 15 stappe:
  1. Plaas jou katjie in die buig van jou arm asof jy 'n klein baba vashou. Sit jou regterwysvinger en -duim aan beide kante van sy snoetjie en oefen versigtig druk uit terwyl jy die pil in die ander hand gereed hou. Sodra jou katjie sy bekkie oopmaak, gooi die pil in en gee die katjie die geleentheid om dit af te sluk.
  2. Soek die pil op die vloer en gaan haal die katjie agter die bank uit. Plaas die katjie weer in die ronding van jou arm en herhaal die proses.
  3. Gaan haal die dem kat uit die slaapkamer en gooi die nat pil in die drom.
  4. Neem 'n nuwe pil uit die dosie, plaas weer die kat in jou arm terwyl jy beide voorpote stewig vashou. Vorseer sy kake oop en druk die pil binne-in sy mond met jou regterwysvinger. Hou die kat se bek vir ten minste 10 tellings toe.
  5. Haal die pil uit die visdam met die klein netjie en gaan haal die mal kat bo van die kas af. Roep nou jou maat uit die tuin uit om jou te kom help.
  6. Kniel op die vloer en dwing die kat tussen jou knieë vas, neem sy pootjies in 'n baie stewige greep, ignoreer die harde gegrom. Laat jou maat die kat se kop ferm vashou en dwing sy bek oop met 'n houtliniaal. Gooi die pil via die liniaal in sy bek in en vryf jou kat se keel om sy slukproses aan te moedig.
  7. Haal die bevoeterde kat van die gordynreëling af en neem nog! 'n pil uit die dosie uit. Maak 'n aantekening om 'n nuwe liniaal te koop en ook om die gordyne te laat regmaak. Vee die stukke glas en keramiek van die beeldjies en potte op sodat jy dit later kan weggooi.
  8. Draai die blasende kat in 'n groot handoek toe en laat jou maat bo-op die kat lê of sit, sodat net die kat se kop uitsteek onder jou armholte. Suig die pil met 'n strooitjie op en vorseer die blerrie kat se bek oop. Blaas die pil deur die strooitjie in die kat se keel af.
  9. Lees die pamflet deur om seker te maak dat die pille skadeloos is vir mense en drink 'n koue bier om die smaak uit jou mond uit te kry. Ontsmet jou maat se arm, sit salf op die wond en draai 'n verband om. Verwyder die bloedvlekke van die vloer.
  10. Gaan haal die kat uit die buurman se garage, neem nog 'n pilletjie uit die boks en drink nog 'n bier. Sit jou kat in die klerekas sodat net sy kop uitsteek. Vorseer sy bek oop en skiet die pil met 'n kettie in sy keel af.
  11. Gaan haal die skroewedraaier uit die garage en hang die kasdeur terug op sy skaniere. Soek die whisky bottle, neem 'n groot sluk en ontsmet die krapmerke op jou wange. Maak seker dat jou tetnus-inspuiting nog geldig is. Gooi jou stukkende trui in die drom en gaan trek 'n ou overall aan.
  12. Bel die brandweer om die satan-helskat uit die boom uit te kom haal. Vra jou buurman omverskoning vir die taalgebruik en neem die laaste pil uit die dosie.
  13. Plak beide voorvoete van die tierkat stewig aan mekaar vas met duct tape. Bind hom stewig aan die poot van die eetkamertafel vas met 'n stuk ankertou. Trek jou sweishandskoene aan, druk die pil in 'n stukkie vleis en gooi 'n groot glas vol water. Hou die klein bliksem se kop agteroor, gooi die vleis vinnig in gevolg deur die hele glas water, en hou sy bek toe vir 5 minute.
  14. Neem die bottel whisky en drink hom leeg. Vra jou maat om jou so gou moontlik by Ongevalle te kry voor jy flou word van al die bloedverlies. Laat hulle jou vingers en voorarm vaswerk en die laaste pil uit jou oog uit verwyder. Bel onderweg vir Hyperama om 'n nuwe eetkamertafel te bestel.
  15. Bel ook die SPCA om te reël dat hulle die gemuteerde satanskind van 'n helkat kom haal en stop by die troeteldierwinkel om te hoor of hulle nie dalk klein hamsters het nie.

(Bron: die e-pos virale netwerk, via Maureen – dankie!)

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...

Ons nuwe twee katjies, Missy en Chino 2

Ons het op Woensdag, 9 Desember 2009, ons twee nuwe katjies by die SPCA gaan haal. Hulle is sussies en 6 maande oud. Hulle is die oulikste oulik!!!!!


Die enetjie is 'n grys tabby wat baie lyk soos Chino, en is dadelik Chino die Tweede gedoop (geskryf "Chino II", maar ons noem haar net Chino). Sy is rustig en versigtig en baie slim. Die ander een, Missy, het so 'n roeskleur in haar pels. Sy is spelerig en impulsief en verskriklik liefdevol. Haar naam was oorspronklik Whiskey, maar die naam pas haar nie rêrig nie, so ons werk nog aan 'n goeie naam (sy was al Honey, Whiskers, Missy, Muffin (Ma Elna se poging :p) Prinses, ens.). Hoewel ek dink Missy haar die beste pas, mag dit dalk in die toekoms verander.


Chino weet sy't 'n huis gekry; dis die gesiggie van 'n baie tevrede kat!

Missy het haarself tussen Johan se bene ingewriemel en net daar aan die slaap geraak :)

Missy maak gereed om my 'n nat-neusie-soen te gee. Sy is so liefdevol en wil die heeltyd ge'cuddle' word. Sy's ook vreeslik spelerig en 'n soentjie kan maklik in 'n neus-hap ontaard!

Ek is baie bly dat ons hulle beide gevat het. Hulle speel so lekker saam en kom vreeslik goed oor die weg. Dis so snaaks om hul te sien wanneer hulle aandag soek of bo-op mens kom lê -- hulle sal sommer so bo-oor mekaar klim en net daar op die ander een se gesig neerplak... dan wriemel die ander een bloot haar neus onder haar sussie se lyf uit (om te kan asem haal) en slaap verder.
"Jy's my gunsteling teddiebeertjie!"

Hul gunsteling lêplek is -- natuurlik -- Homo Sapiens, en in die volgende volgorde: gesig, skouers, gesig, bors, gesig, arms, gesig, skoot, gesig, enige liggaamsdeel wat nog nie genoem is nie, en gesig. O ja, het ek 'gesig' genoem?

As 'n Homo Sapiens nie beskikbaar is nie, dan is 'n tweede (maar definitief minder gesogde) opsie watookal daardie Homo Sapiens mee besig is (soos die stoel hier bo -- Johan het letterlik 'n oomblik voor die foto geneem is nog daar gesit, of my rekenaar hier onder; ek moes elke nou-en-dan Missy se poot/oor/stert/hele lyf van my keyboard en mouse pad afhaal, LOL).

Dalk moes hul Yin/Yang gewees het — kyk hoe lê hul opgekrul binne mekaar

Spot the cat. ("Where's Wally... I mean Chino?")


Die foto hier bo is natuurlik van Chino in die gesogde klere-grot, daardie "stukkie paradys wat, vir redes onbekend, altyd weggesteek word agter groot houtdeure". Maar moenie vrees nie; Chino II wéét van infiltrasie! Geen Homo Sapiens sal haar van hierdie stukkie kathemel af weghou nie! Soos ek gesê het, Chino is die slim een. Sy het ons fyn dopgehou die hele tyd, en geen geleentheid ontglip haar wakker ogies nie :)

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...

Chino is weg

Chino het Sondag (17 Mei) soos gewoonlik die dag buite spandeer... en nooit weer terug gekom nie. Dit is soos 'n nagmerrie waaruit ek nie kan wakker skrik nie. Ek was baie ontsteld to Lucky 'n jaar terug weggeraak het, maar dit is baie erger met Chino. Chino is so 'n sagte, liefdevolle en super cute kat - sy het baie vinnig onder my en Johan se vel ingekruip. My hart breek om te dink sy's weg - dit voel of daar 'n stuk van ons lewe weggeraak het, ons huis is leeg sonder haar.

Ek kan dit amper nie hanteer nie! Bid asb. dat sy terugkom.

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...

Kyk my mooi kietie!

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...

Hoe Chino haar naam gekry het...

My nuwe katjie het uiteindelik 'n naam: Chino. Dis die laaste deel van cuppachino, en die arme kat was vir amper twee weke naamloos, behalwe vir al die byname soos kieterkat, katteraas, gesiggie, kat!, kleintjie, dingetjie, mooiste, pragtig, kleinding, Whiskers (dit was pa Johan se poging om 'n bydra te lewer)... shaim, die arme ding sou binnekort 'n identiteitskrisis ontwikkel! Hoe ons uiteindelik 'n naam gekry het wat ons ALBEI van hou is nogal 'n snaakste storie :-).

Ons het begin deur algemene idees rond te gooi:

Johan: "Sy's grys, wat van Earl Grey?"
Elmi: "Nee, yuck! Niks tee name nie! En sy's 'n vroutjie." (dink bietjie) "Ek hou van Cindy. Of wat van Vasti?"
Johan: "Maureen se sussie se naam is Vasti. En Cindy klink soos 'n mens se naam."
Elmi: "OK. Sy lyk vir my soos 'n Tammy."
Johan: "Tammy? Hoe lyk 'n Tammy? Nee, en wat beteken dit anyway? Dit moet mos iets beteken"
Elmi: *sug*
Johan: "Ek weet! Pretzel!"
Elmi: "Huh?"
Johan: "Man, soos in 2 Weeks Notice. Jy weet, bob cat, pretzel... Dis 'n hoërgraad naam."
Elmi: "Uh, sit dit op die lysie..."

Elmi ('n week later): "OK, waarvan hou ons? Ons hou van wyn...wat van Merlot? Shiraz? Huh, Chardonnay? -nee, dis te lank..."
Johan: "Wat van Muscat?"
Elmi (lag eers baie lank en hard): "Dis oulik maar... nee."

Elmi (nog 3 dae later, terwyl sy die 1e bladsy van 'n House of Coffees menu lees): " '...do you have a dog named Java? Then you are a coffee lover, my friend...' Wat van Java? Of Latté?"
Johan: "Wat van Plunger?"
Elmi: "Of Presso, jy weet, vir Espresso...? 'Kom hier, Presso! Presso!' Nee, dit werk nie."
Johan (of dit kon Elmi gewees het, wie sal ooit weet?): "Hoe klink Chino? Vir Cuppachino."
Die ander een: "Chino... Chino... OK."
________________
Ek dink ons moet maar in 'n naamboek belê vir wanneer ons kinders kry -- as enigiemand gewonder het wat om vir ons vir Kersfees te kry...

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...

My nuwe katjie


Ek het laas week vir my 'n nuwe katjie gaan uitkies by die DBV (SPCA), en Johan en Shani het haar Saterdag (13 Sep) gaan haal. Sy is 6 maande oud en baie spesiaal, saggeaard, effens skaam maar spelerig, en 'n regte klein prinses :-) Sy't nog nie 'n naam nie, maar wanneer sy een kry sal hierdie inskrywing opdateer. OPDATERING: Haar naam is Chino (soos Cuppachino) As jy wil weet hoe dit gebeur het, lees hier. Johan is totaal oorrompel - sy het sy hart en skoot gesteel!

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...

In loving memory of Lucky

[This was originally posted on my main blog before I moved it here]
Yesterday my cat Lucky has been missing for a month. He just didn't come home on 14 July 2008. I am still heartbroken and miss him so much. Even now I still come home some nights expecting to see his gleaming eyes in the car's lights, listening for his loud meows because he's so happy not to be alone anymore, waiting to hear him run across the stoep to get inside the house, looking into his basket and expecting to see his little sleeping body in there...

I really miss him. I cry every time I think about him gone. I've prayed really hard about it and I'm peaceful about the outcome -- whatever it might be. I am hopeful AND realistic at the same time... but that doesn't make it easier.

So, here's to you Lucky, who are an amazing cat, a sweet friend and loving companion, a very unique character and irreplaceable in every way. If you do happen to read this, please come home! I miss you SO MUCH!

The day we met...

...he stole my heart (photo taken Oct. 2007)

The day I brought him home from the SPCA, only 8 months old.

Bonding time

These photos were taken in May 2008


Lots of snuggles and love! He's the only cat I know that asked for attention all the time!

He started this 'thing' where he would climb with his front paws on my shoulder then put his head on my shoulder (the way you'd hold a baby). He only did it with me, and it made me feel very special and close to him :-)

Up close and personal

These photos were taken April 2008



Isn't he just the most beautiful cat? Throw in a personality to match, coupled with the sweetest disposition, and he truly is irreplaceable.

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...