Genotvolle dag by Kamers Vol Geskenke
![]() |
#Kamers2014 selfie! |
![]() |
Henriëtte by die ingang |
Kamers was amazing. Dis definitief iets wat ek elke jaar sal wil bywoon as ek kan. Die produkte was ongelukkig meestal aan die duur kant, maar daar is tente en tente vol unieke, pragtige, inspirerende goed wat mens se mond laat water. Dan is daar natuurlik die menige kos stalletjies met rêrig iets vir almal.
![]() |
Kon amper nie hierdie stel strooi kussings weerstaan nie... |
![]() |
Kyk net hierdie pragtige teëls |
![]() |
Hierdie bord gaan my Studio se naambord word |
Meeste van my aankope was Kersgeskenke, dis hoekom ek nie enige foto's daarvan wys nie — wil nie die verrassings weggee nie ;)