Kroos,

Ek is swanger!

01:59 CornflowerBlues 0 Kommentaar

Dinge was stil hier rond die laaste jaar of so. Behalwe vir die "filler posts", het ek einde 2011 laas iets substansieƫl oor ons lewe geskryf, toe ons oppad was om te trek. Wel, ons het intussen in Hermanus aangekom en daar het baie water in die see geloop sederdien, maar niks wat kers vashou by dƭt wat my skielik uit my jarelange hibernasie uit laat wakkerskrik het nie.

Ek is swanger.

Die nuus het gebreek tydens die Desember vakansie (2012), toe my ouers, Johan se ouers, Wouter en Benedicte, HelandrĆ©-hulle, Ć©n Willem se hele gesin in Hermanus by ons gekuier het. Ek het niks vermoed nie, nie eers toe ek die 'simptome' begin toon het nie (ontsettend moeg, duiselig, naar…). Die "Aha!" oomblik was toe die reuk van koffie my in my spore laat vassteek het… en toe weet ek.

Twee dae later het die swangerskapstokkie bewys wat ek vermoed het: ek is definitief swanger. (Johan het nou nog daai ding, dit was 'n baie groot oomblik vir hom.)


Die eerste 3-4 maande was baie swaar vir my. Ek was doodmoeg, energieloos, en totaal ongemotiveerd om enigiets te doen. Ek was ook konstant naar, en hoewel ek nooit opgegooi het nie, was dit byna ondraaglik as ek gestaan of beweeg het. Dus het ek letterlik tussen Januarie en April in die bed gelĆŖ. Soms het ek vir afwisseling na die sitkamerbank geskuif (en verder gelĆŖ).

Almal het my verseker dis normaal, maar ek het nie besef hoe totaal useless ek was, of hoe down in the dumps ek eintlik gevoel het, tot daardie lethargy gelig het teen die einde van daai tyd nie, ver verby die 21 weke merk.

Die eerste flikker van lig het begin deurbreek rondom die tyd waar ek vir die eerste keer die baba voel skop het. Stadig maar seker het ek stukkie vir stukkie begin teruggekeer na die land van die lewendes—tot beide my en Johan se verligting. Die laaste week of so voel ek vir die eerste keer weer werklik mens.

Tydens ons 21 weke detail sonar het ons uitgevind dis 'n dogtertjie — my pa het dit voorspel, en net bewys wat ek nog altyd vermoed het: my pa is altyd reg ;D.


Soos wat ek nou hier tik is ek 26½ weke swanger, en Babygirl is 'n baie woelige dingetjie wat selde stillĆŖ. Inteendeel, as sy langer as 'n halfuur nie skop of vroetel nie dan is dit lank.

Aan die begin was dit onwerklik, 'n spul simptome wat geen konneksie gehad het met die feit dat daar 'n lewe binne my groei nie. Maar nou is dit anders.

As ek nou dink aan die klein mensie binnekant my, kry ek 'n oorweldigende gevoel van dankbaarheid, liefde, protectiveness, en trots. Ek is sterk bewus van die groot taak wat voorlĆŖ, om 'n dogter groot te maak. Ek voel die verantwoordlikheid van om Ma te word, om nou aan iemand anders te dink voor myself, dat my lewe skielik 'n totaal nuwe rigting gaan inslaan en nooit weer werklik myne gaan wees nie.

Ek voel ook 'n gesonde dosis vrees, want wat voorlĆŖ is onbekend en skrikwekkend, en daar's geen handleiding beskikbaar vir iets wat soveel gewig dra nie.

Maar uiteindelik voel ek hoop en opwinding, want sy is my dogter, my eersteling, en sy besit reeds my hart. En ek weet ek is nie alleen hierin nie. Johan gaan 'n wonderlike pa wees, daarvan is ek absoluut oortuig, en God se hand is oor ons; Sy beloftes is oor ons kinders. Ja, ek het hoop, en dit maak my opgewonde oor die toekoms.


Ek kan nie wag om haar vas te hou en lief te hĆŖ nie. Ek sien uit daarna om haar te begelei op hierdie avontuur van grootword, om te sien hoe sy ontpop in haar eie persoon met haar eie maniertjies en streke en persoonlikheid.

Dit gaan nie maklik wees nie, maar ek weet dit gaan definitief dit werd wees. Ek sien beslis uit na die toekoms!

Verdere Leesstof:

0 mense het al kommentaar gelewer: