Showing posts with label Persoonlik. Show all posts

Gedigte uit my tiener-pen


'n Paar dae terug het ek afgekom op van my ou gedigte wat uit my skooldae dateer, êrens tussen 1994-1998. Die pakkie was gemerk "Onbruikbaar Of Uitgegooi".

Natuurlik het ek dit dadelik oopgemaak om te sien wat ek so onwaardig geag het, en ek was aangenaam verras. As hierdie my weggooi woorde was, kan ek nie wag om die pakkie te ontdek wat gemerk is "My Beste Gedigte Ooit, Publiseer Onmiddellik vir Roem en Rykdom!!!!!!" nie ;-).

Hier is 4 van die beste, die keur van die kaf uit my tiener-pen.


Die See

Die strale blink op die water.
Dit verblind my as ek daarna kyk.
Die golwe wat gaan lê op die strand,
Laat alles so wonderlik, rustig lyk.

Die maanhare spring af op die land.
Die wind waai sproei teen my wang.
Maar tog lyk jy ook treurig.
Na wie sou jy so heimlik verlang?


Reënboog Liefde

Geel, pers, blou,
Ek is mal oor jou.
Groen, oranje, rooi,
Jy lyk tog so mooi!

Swart, bruin, grys,
Ek wil jou iets wys.
Wit, turkoois, room,
Ek het gisteraand van jou gedroom.


Bakkies

Bakkies is my hond,
Hy's mooi vet en gesond.
Sy hare is lank en wit,
En hy't ore wat penorent sit.

In die oggend van ag tot tien
Sal jy hom altyd op ons agterstoep sien.
Daar slaap hy die oggend deur
En niks kan hom pla, dit sal jy nog leer.

Die middag na skool, as ons probeer eet,
Sal hy van alles behalwe kos vergeet.
En daar waar hy so voor jou hurk
Staar hy die kos skoon af van jou vurk.

Hy is so stuitig as wat mens maar kan kry,
As hy ons net sien raak hy vreeslik bly.
Hy waai sy stert en trek sy ore plat,
En as hy haar sien, bespring hy die kat.

Ek raak soms so moedeloos, maar wat help dit tog?
Ek sal maar moet opsit met hom én sy bog
Maar vir geen ander hond in die wêreld sal ek Bakkies verruil,
Want êrens in hom is 'n tere hartjie verskuil.


Soekie

Soekie is 'n rondloperkat,
Al lyk dit nie altyd so.
Sy's ook een van daai wat
In norms en waardes glo.

As sy uit haar slaap wek,
Sal sy láááánk strek.
Dan sal sy vir oulaas gaap
Voor sy buitentoe vertrek.

Sy en Bakkies is baie rof
As hulle buite speel.
En die lawaai wat hul opskop
Kan hul die minste skeel.

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...

Daai straatbrak Depressie


Bron: World Health Organisation via Upworthy.com

Daai straatbrak Depressie

Shh, daar's 'n straatbrak wat tjank voor my deur.
Hy probeer daagliks om my te steur.
Hy soek na 'n huis
en lyk reeds heel te tuis.
...en hy's IN voor ek hom nog kan keer.

Shh, daai swart hond lê nou op my bed.
Hy stink, hy's vol vlooie en vet.
Maak nie saak hoeveel keer
ek hom jaag nie, hy kom weer–
hy's gulsig vir als wat ek het.

Shh, my hondjie slaap vas op my skoot.
Wel, hy's eintlik 'n hond want hy's gro-o-o-ot.
En ja, hy's steeds vuil,
en hy laat my soms huil,
maar hy sweer hy's getrou tot die dood.

– Elmi Raubenheimer, 2014



Bron: World Health Organisation

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...

Dis die klein goedjies wat saak maak

fact 06: to me, the little things matter
Soms verdrink ek in die detail.

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...