Grobbelaar familie

Dankie vir al die verjaarsdag-wense!

18:57 CornflowerBlues 2 Kommentaar

Aan almal wat my geluk gewens het met my verjaarsdag, BAIE dankie! Ek waardeer veral dat elkeen van my gesin my persoonlik gebel het -- ek is so verskriklik lief vir julle! :-*

Verdere Leesstof:

2 mense het al kommentaar gelewer:

Shani said...

Hi sussa!
P het ADSL gekry met 'n 1G data bondel, nou speel ek eers bietjie rond :-)

Love jou verskillende blogs! Kon dit nou vir eerste keer ordentlik sien, want die landlyn was sooo stadig, als het nooit volledig afgelaai nie. Dit lyk regtig mooi en goed, ek sommer baie trots, hoor! ;-)
Het vir M ook gewys, sy dink dis sommer ougat. Het vir haar gesê ek sal 'n boodskap tik namens haar...sy is nou besig om te sit en uit te skryf wat sy vir jou wil sê, ek verwag haar terug so oor 'n uur :-)

Jou creative paper trails is besonders. btw, waar kry jy die tyd om vier blogs te hardloop? nie dat ek moan nie, het reeds hul as favourites gelys; wonder maar net...

mis jou besonders baie hierdie week.

Ander nuus:
Jané trou Saterdag
iTunes store SA het geen podcasts wat mens kan download nie. lekker simpel.
Passion se casts is net deur iTunes beskikbaar, maar het passion-unrelated maar dedicated Passion podcast website gekry waar al hul podcasts is.
Oja, en Joyce Meyer s'n ook.
Het DivX afgelaai, kan nou sekere video files speel, maar ander kort nog 'n ad on wat ek nie kry nie.
Het P s rekenaar by die universiteit hééltemal laat..ek weet nie regtig wat nie. Dit het als begin deur die "live update" funksie v sy antivirus wat deur die wonderlike administrator peoples geblok is (maw jy as user het nie toegang daartoe nie. die ding sé die "live update" is aktief, maar dis net om jou gewete te sus, niks meer nie). Toe kom daar 'n virus (of tien), nou is die rekenaar sooo stadig, jy sit hom aan die oggend 8h en die middag 1h as ons huis toe gaan het hy gevorder tot op die Windows desktop, dan kan jy hom shutdown.
Maar dit was net frustrerend, toe laai ek antivirus programme af en deur hierdie aksie blok ek toe die "live.exe" of so iets program wat met die internet kommunikeer. So nou is die rekenaar super stadig, het virusse op en kan nie op die net kom nie. én!! die wonderlike administrator (anti)regte maak dit toe onmoontlik vir my om die program te delete wat keer dat mens op die net gaan.
Toe bel ek (met toestemming v P) die help desk en vra dat hul die ding kom haal. Wel, hul het (baie vinnig nogal, wat 'n groot blessing is)
en vorige ondervinding sé vir my hul gaan hom geformat terugbring want hul gani kan uitfigure hoe om reg te maak dit wat fout is nie - dis waarom ek "met toestemming" die rekenaar weggestuur het ;-)

rekenaars en Internet die afgelope maand was net 'n besonderse kopseer. en dit als in 'n tydperk waar ons 6 artikels in 2 weke moet ingee. Maar dit bevestig net verder my wete dat hierdie graad van my groot bo-op geskryf gaan hê "Alleen deur die genade van die Here God almagtig en absoluut glad nie weens die bekwaamheid van die 'bearer' nie"

Lekker paper art beoefen, hoop jyt goeie en produktiewe kreatiewe sessies hierdie week.

wel, M het sopas teruggekom met haar briefie aan jou :-D

Love lots
jou sussie

Shani said...

Hello FAMOUS

Geniet jou 'blog' - dis interessant en verfrissend!, nes jy.

GESOEK: Elmi Raubenheimer; altyd geliefd

van Mamma