Showing posts with label Elmi se werk. Show all posts

Ek het werk gekry!

Ek het vandag begin werk by Blue Ant Productions in Centurion. Hulle ontwikkel 'n WBT (Web Based Training kursus wat technici in die weermag oplei om masjienerie te onderhou en reg te maak. Ek moet die les-area se ontwerp ('look & feel') doen, al die inhoud oordra na Flash, die opleidingsvideos edit, foto's regkry en vloeidiagramme teken. Dit is 'n 3-maande kontrak, wat dalk langer kan word as die produk suksesvol is en hul nog "training modules" moet ontwikkel. Die werk klink dalk 'n bietjie boring, maar ek is baie opgewonde daaroor - dis so reg in my kraal! :-)

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...

Privaat werk vir my eerste kliënt!

Raai wat? Uit die bloute het ek sommer privaat werk gekry, en as jul dink ek is opgewonde, moet jul Johan sien! Hy trippel rond en gee raad en lewer heeltyd kommentaar... Hy's so sweet. Ek moes 'n logo vir 'n besigheid ontwerp, en toe moes ek die briefhoofde en faks 'cover sheet' ontwerp. Vanoggend vra hy dat ek sy besigheidskaartjies ontwerp, en hy sê hy's heel tevrede met my werk en hy hoop ons kan 'n lang pad saam stap!!! Cool! Ek het geskimp dat ek sy website ook sal doen, en toe sê hy dis reg. As dit so aanhou, sal ek dalk 'n lewe kan maak uit vryskut werk.

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...

My eerste werksonderhoud

Ek het gister (Di.) 'n onderhoud gehad by Egyptian Printers in Pretoria vir 'n junior onterwerp posisie. Hoewel ek nie die enigste kandidaat is nie, hoop ek van harte ek kry dit! Daar is huidiglik net een designer, Heidi, en sy is heeltemal toe onder al die werk. Die baas, Gert, is 'n baie oulike, vriendelike, effe verstrooide man wat 'n passie het vir print. Ek en Heidi het lekker gesels, en ek kan nie wag om te begin nie. Sjoe, ek hoop werklik ek kry dit!

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...

Werksoekery

Dis nou sulke tyd vir my. Ek moet begin werk soek, maar dis nogal 'n "daunting" taak! Ek het al begin om my CV aan mense te stuur, maar ongelukkig is Pretoria nie 'n multimedia mecca nie... Ek sal maar sien wat ek kry. As ek begin met iets minder aanloklik, kan ek moontlik my pad opwerk tot ek die kennis het om van die huis af te werk. Ek dink dit is vir nou my P.V.A. (plan van aksie).

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...