Showing posts with label Troues. Show all posts

Jan trou ook!

Laurico se troufoto's is nog nie eers van my kamera afgelaai nie, toe breek Jan s'n aan vandag. Liana het pragtig gelyk, en die dag het soos 'n droom verloop. Hy was sekerlik een van die gretigste bruidegomme wat ek nóg gesien het - tydens die preek kon hy nie ophou om sy kop te knik nie, en hy het sommer 4 keer "ja" gesê, net vir ingeval ;-)
Die ander lekker deel van die dag was dat dit soos 'n reünie was - ek het langs Maryk & haar man gesit, & met Dawie gekuier, en Kobus was ook daar... Ek is dankbaar vir troues; dit bring mense weer bymekaar. Ek stel voor dat almal ten minste 1 keer 'n jaar moet trou. Dan sal vriende nooit hoef te vervreem nie.

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...

Laurico en Eben trou... uiteindelik

Dit het uiteindelik gebeur... Laurico en Eben het uiteindelik die knoop deurgehaak. Dis hoogtyd. Die ding rek al uit van 1999 af. Ek was skoon onkant gevang met die uitdrukking van totale geluk en saligheid wat heelaand op Eben se bakkies was. En Laurico het gestraal soos ek haar lanklaas gesien het. Hul was so gemaklik en gelukkig, ek het sommer begin huil van vreugde! Ek kon nie gelukkiger gewees het as sy my eie sussie was nie!

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...

Dirk trou vandag!

My liefste neef Dirk het vandag getrou! Ek is so bly hy't uiteindelik 'n maatjie gekry - ek het gewonder wanneer hy 'n vrou gaan kry wat hom waardig is. Dirk & Michelle het baie goed gelyk - dit was pragtig. Het 'n klomp van die Grobbelaars weer vir die eerste keer in jare gesien (jy weet mos wat hul sê van troues & begrafnisse...).

[ Hou die spasie dop vir foto's ]

OP 'N SOORTGELYKE NOOT...