Humor,

Hoe om jou katjie 'n pilletjie te gee

15:30 CornflowerBlues 0 Kommentaar


'n Kort handleiding in 15 stappe:
  1. Plaas jou katjie in die buig van jou arm asof jy 'n klein baba vashou. Sit jou regterwysvinger en -duim aan beide kante van sy snoetjie en oefen versigtig druk uit terwyl jy die pil in die ander hand gereed hou. Sodra jou katjie sy bekkie oopmaak, gooi die pil in en gee die katjie die geleentheid om dit af te sluk.
  2. Soek die pil op die vloer en gaan haal die katjie agter die bank uit. Plaas die katjie weer in die ronding van jou arm en herhaal die proses.
  3. Gaan haal die dem kat uit die slaapkamer en gooi die nat pil in die drom.
  4. Neem 'n nuwe pil uit die dosie, plaas weer die kat in jou arm terwyl jy beide voorpote stewig vashou. Vorseer sy kake oop en druk die pil binne-in sy mond met jou regterwysvinger. Hou die kat se bek vir ten minste 10 tellings toe.
  5. Haal die pil uit die visdam met die klein netjie en gaan haal die mal kat bo van die kas af. Roep nou jou maat uit die tuin uit om jou te kom help.
  6. Kniel op die vloer en dwing die kat tussen jou knieë vas, neem sy pootjies in 'n baie stewige greep, ignoreer die harde gegrom. Laat jou maat die kat se kop ferm vashou en dwing sy bek oop met 'n houtliniaal. Gooi die pil via die liniaal in sy bek in en vryf jou kat se keel om sy slukproses aan te moedig.
  7. Haal die bevoeterde kat van die gordynreëling af en neem nog! 'n pil uit die dosie uit. Maak 'n aantekening om 'n nuwe liniaal te koop en ook om die gordyne te laat regmaak. Vee die stukke glas en keramiek van die beeldjies en potte op sodat jy dit later kan weggooi.
  8. Draai die blasende kat in 'n groot handoek toe en laat jou maat bo-op die kat lê of sit, sodat net die kat se kop uitsteek onder jou armholte. Suig die pil met 'n strooitjie op en vorseer die blerrie kat se bek oop. Blaas die pil deur die strooitjie in die kat se keel af.
  9. Lees die pamflet deur om seker te maak dat die pille skadeloos is vir mense en drink 'n koue bier om die smaak uit jou mond uit te kry. Ontsmet jou maat se arm, sit salf op die wond en draai 'n verband om. Verwyder die bloedvlekke van die vloer.
  10. Gaan haal die kat uit die buurman se garage, neem nog 'n pilletjie uit die boks en drink nog 'n bier. Sit jou kat in die klerekas sodat net sy kop uitsteek. Vorseer sy bek oop en skiet die pil met 'n kettie in sy keel af.
  11. Gaan haal die skroewedraaier uit die garage en hang die kasdeur terug op sy skaniere. Soek die whisky bottle, neem 'n groot sluk en ontsmet die krapmerke op jou wange. Maak seker dat jou tetnus-inspuiting nog geldig is. Gooi jou stukkende trui in die drom en gaan trek 'n ou overall aan.
  12. Bel die brandweer om die satan-helskat uit die boom uit te kom haal. Vra jou buurman omverskoning vir die taalgebruik en neem die laaste pil uit die dosie.
  13. Plak beide voorvoete van die tierkat stewig aan mekaar vas met duct tape. Bind hom stewig aan die poot van die eetkamertafel vas met 'n stuk ankertou. Trek jou sweishandskoene aan, druk die pil in 'n stukkie vleis en gooi 'n groot glas vol water. Hou die klein bliksem se kop agteroor, gooi die vleis vinnig in gevolg deur die hele glas water, en hou sy bek toe vir 5 minute.
  14. Neem die bottel whisky en drink hom leeg. Vra jou maat om jou so gou moontlik by Ongevalle te kry voor jy flou word van al die bloedverlies. Laat hulle jou vingers en voorarm vaswerk en die laaste pil uit jou oog uit verwyder. Bel onderweg vir Hyperama om 'n nuwe eetkamertafel te bestel.
  15. Bel ook die SPCA om te reël dat hulle die gemuteerde satanskind van 'n helkat kom haal en stop by die troeteldierwinkel om te hoor of hulle nie dalk klein hamsters het nie.

(Bron: die e-pos virale netwerk, via Maureen – dankie!)

Verdere Leesstof:

0 mense het al kommentaar gelewer: