Troeteldiere

Missy is weg... gaan dit ooit end kry?

12:55 CornflowerBlues 1 Kommentaar


Dis met 'n baie swaar hart dat ek hierdie post skryf... Dis nou net oor 'n maand vandat Missy weggeraak het en my hartjie is baie seer :*(

Sondag, 27 Maart 2011, het Missy nie huis toe gekom nie. Dit was terwyl ek en Johan op ons koorkamp was, wat die nuus nog swaarder gemaak het. Missy het 'n halsbandjie aan (iets wat my ander wegloop katte nie gehad het nie), so daar is darem 'n klein ligpuntjie, maar ondervinding het my geleer om nie te veel te hoop nie. Nou het Chino haar maatjie verloor...

Sy is my derde kat wat weg is en my hart is al voos getreur. Ons het haar en Chino in Desember 2009 gekry, so ek het haar darem 1¼ jaar gehad, 'n hele 9 maande langer as Lucky of Chino I, wat beide na ± 6 maande weggeraak het.

Verdere Leesstof:

1 mense het al kommentaar gelewer:

Anonymous said...

Ek wens jou sterkte toe. Hopelik sal jou laaste kattekind lank genoeg veilig en tuis wees om saam te trek. Miskien is sy veiliger by die see.