Raubenheimer familie

Ouma Lulu is vandag oorlede

13:36 CornflowerBlues 0 Kommentaar

Ouma Lulu is vanoggend net voor 7 oorlede. Pa Johan het my en Johan wakker gebel en gesĂȘ ons moet kom, Ouma is besig om te groet. Sy het weerloos in haar bed gelĂȘ en hyg na asem, te swak om enigiets te doen. Sy was duidelik benoud, en daar het 'n paar keer trane uit haar oĂ« gerol. Maar ek dink ons teenwoordigheid het haar kalmeer, en sy het stiller en stiller geword tot sy ophou asem haal het. Die oorgang tussen lewe en dood was... onwerklik. Haar lyfie, wat nog die een oomblik in pyn was, was sonder enige waarskuwing die volgende oomblik slegs 'n leĂ« dop.

Dit was die eerste keer dat ek iemand sien sterf het. Dit was nie lekker nie, maar dit was goed dat ons daar was. Ouma wag al amper twee jaar vir hierdie dag -- twee jaar is 'n lang tyd.

Baie dinge gaan nou verander.

Verdere Leesstof:

0 mense het al kommentaar gelewer: