Vir jou informasie

"Blackle.com - saving energy one search at a time"

23:37 CornflowerBlues 0 Kommentaar

Hierdie is nou 'n skadelose idee, 'n Google-tipe search engine wat iets vir die omgewing doen. Ek hou hiervan :-) Die teorie is dat 'n rekenaarskerm maksimum energie nodig het om 'n wit beeld te projekteer, en dat 'n swart beeld die minste energie gebruik - en dis presies wat Blackle.com probeer doen. Dus, wanneer jy Blackle oopmaak lyk dit soos Google, maar die skerm is pikswart in plaas van wit.

Ek weet nie of dit in die regte lewe werklik 'n groot verskil maak nie, maar ek stem wel saam met hul filosofie: elke keer wat jou tuisblad oopmaak op die swart Blackle skerm is dit 'n tydige herinnering aan jou verantwoordelikheid om energie te spaar. En met die huidige energiekrisis wat ons in Suid-Afrika het, is dit glad nie 'n slegte idee nie.

Verdere Leesstof:

0 mense het al kommentaar gelewer: