As dit reën, dan kom dit als op een slag neer

14:45 CornflowerBlues 0 Kommentaar

Sjoe, vandag was onverwags baie vol. Ek moes 6:45 vir Pa Johan na die motorwerktuigkundige toe vat omdat sy kar se aansitter ingegee het (én dit was boonop donker & vriesendkoud!). Toe ek by die huis kom sien ek die seerplek op Lucky se kop het erger geword en ek sal hom moet veearts toe vat, maar ek moes 'n uur later 'n afspraak met 'n vriend in Brooklyn nakom... Gelukkig het Pa Johan nie planne gehad terwyl hy vir sy kar wag nie, so hy't aangebied om vir Lucky te vat (met my kar natuurlik). Na hy weg is en ek self haastig wou ry, toe tref dit my: ek het my beursie in my kar gelos, en nou's my kar weg. Toe soek ek eers naarstelik na 'n alternatiewe bron van geld... Wel, dis hier waar ek net baie dankie wil sê aan my borg Popup wat so vrygewiglik vir my geld geleen het uit hul muntstuk blikkie :-) (Nota vir myself: bêre ekstra kontant êrens in die huis)

Ek en Jonathan het lekker gekuier, en toe's ek werk toe waar ek hard gewerk het. Ek sou na werk saam met iemand gaan sushi eet, en hoewel hierdie persoon gekanseleer het het ek besluit om in elk geval te gaan - dit IS halfprys op 'n Woensdag, jy weet. Maar sonder geld is dit moeilik om uit te eet, so ek moes al die pad terug ry huis toe om my beursie te kry, toe Moreleta Park toe vir kos. En toe ek uiteindelik by die huis gekom het, het ek gou die groot opruim-ding gedoen want Johan kom more huis toe.

Verdere Leesstof:

0 mense het al kommentaar gelewer: