Weggaan tye

Lekker weggaan-lang-naweek

18:12 CornflowerBlues 0 Kommentaar

Ons het hierdie lang naweek (13-16 Jun) weer bietjie in die Magaliesberge gaan bly (by Heaven On Earth B&B). Dis dieselfde plek waar Johan 'n maand terug sy ribbes gebreek het... ja, dis nogal snaaks om so daaraan te dink :-)

Hierdie keer het Johan darem sy borskas weggehou van die vloer af, en ons was voorbereid met 'n kampstofie om water te kook (as jy wonder waarvan ek nou praat, sien 19 Mei se inskrywing). Ons het weer 'n heerlike maal by roots restaurant gehad, en Saterdag het ek en Johan heeldag net gesels en ontspan. Dit was 'n baie, baie, baie, BAIE lekker naweek!

Op die foto is ons saam met Corey en Liesl, die paartjie aan wie die plekkie behoort waarin ons gebly het. Hul het ons uitgenooi vir aandete by hul huis (...potjie - yum!)

Verdere Leesstof:

0 mense het al kommentaar gelewer: