Dis tyd vir 'n nuwe kar

15:45 CornflowerBlues 0 Kommentaar

My geel Toyota Corolla (1985) het die afgelope paar maande seker 5 keer met my gaan staan op ongemaklike plekke en tye. Ek het besluit: dis nou tyd vir 'n nuwe (2de handse) kar. Ek het besluit dat ek met my nuwe werk 'n maandelikse paaiement sal kan bekostig. So, ons kyk nou karre.

Johan is Mercedes Benz behep, dus is ek beperk tot Mercs. Ek gee nie om nie, dit is betroubare karre. Maar tot dusver kon ek nog nie iets kry waarmee ek tevrede is nie (en tussen ons, ek dink kar pryse is belaglik, selfs vir 2de handse karre...). Sal jul op hoogte hou.

Verdere Leesstof:

0 mense het al kommentaar gelewer: