Tyd wat vlieg

23:40 CornflowerBlues 0 Kommentaar

Vandag, uit die bloute, het ek en Tyd mekaar skielik in die oë gekyk. Ek sien mos toe dat ek op die 24e Februarie laas 'n inskrywing gemaak het - nie dat my lewe enigsins gaan stilstaan, of oninteressant geraak het nie - en ek het nog langer terug my website opgedateer.

"Waar is jy heen?" het ek Tyd gevra.

"Ek's maar hier rond..." het hy vaag geantwoord. En verder gevlieg.

Ek wens ek kon hom aan 'n klip vasmaak, sommer 'n groot een! Ek het wel iets anders gedoen, wat my baie opgewonde maak. Ek het begin om aktief aan my Scrapbooks te werk. As ek eendag vir Tyd gevang kry, sal ek definitief dit op my website sit. Maar tot dan maak ek geen beloftes nie.

[PS: Ek gaan van die gebeure later byvoeg, en omdat 'n mens met 'n "blog" die datum van die inskrywing bepaal, gaan die vermiste gebeure tussen 24 Feb. en vandag wel op die regte datums wees. Weet dit maar net.]

Verdere Leesstof:

0 mense het al kommentaar gelewer: