Ek dog net ek sê...

Om 'n eiertjie te lê...

11:02 Elmi Raubenheimer 2 Kommentaar

Ek was van plan om 'n lang, boring storie te tik van ons rustige, lekker Saterdag, hoe ons rondgery het, roomys gaan eet het, impulsief Italiaanse pizzas bestel het vir aandete, hoe...

en toe besluit ek, ek gaan eerder nou bed toe. Laat iemand anders maar 'n eiertjie of twee lê.

Verdere Leesstof:

2 mense het al kommentaar gelewer:

Shani said...

Dis net die beste, toe ek hierdie site oopmaak en dit gaan als oor...ONS! Eks so bly ekt 'n sussie wat hou van sulke goed doen in haar vrye tyd, al is die vrye tyd bietjie knap partykeer.

Buzzin' se afsluitingskonsert is môre aand, ek hoop maar daar kom heelwat mense, want dis my laaste keer dat ek gaan speel saam hulle.

Verder versmoor ons bietjie onder die werkies. Een van my dosente het (in 'n poging om met ons te assosieer en ons bietjie hoop te gee) gesê ons moenie worry nie, as dit nou hectic gaan, sal dit oor drie weke beter wees (oor drie weke begin ons eksamen). Verder moet ons onthou om ons vitamienes en berocca te drink en om genoeg slaap in te kry...ek ht amper hardop begin lag.

Ekt die beste email gekry van een van my vriende. Hy lui soos volg: Vir al my vriende wat vir my wel-wense gestuur het vir 2005, dit het nie gehelp nie. Vir 2006, stuur asb kontant donasies.

:)
hehe

Ek dink dit is net vreeslik funny.

Lekker dag/week/maand verder.
Julle enigste sussie wat soos ek lyk.

Shani said...
This comment has been removed by a blog administrator.