Internship by Media Mache

05:40 CornflowerBlues 0 Kommentaar

Soos meeste van jul sekerlik weet, het ek Maandag (3 Okt.) begin 'werk' by 'n design studio, Media Mache, in Norwood (Jo'burg). Ek is absoluut MAL daaroor! Ek doen alles waarvan ek hou, en hulle gee my baie vryheid met groot projekte.
Ek sê 'werk', want dis nie 'n betaalde werk nie; ek doen dit eerstens omdat ek MOET (deel van my Graad verpligtinge), maar ook vir die ondervinding (en soos almal weet, 'experience is priceless' :-p).
Dis net nogal ver - ek ry tussen 50 minute (geen verkeer) tot 2 ure (spitstyd) soontoe/terug. Gelukkig het hulle baie begrip daarvoor. Ek hoef eers 10:00 in te klok, dan werk ek tot 18:00 (dus mis ek die ergste verkeer), en ek werk 2-3 dae van die week by die huis. Wonderlik!
Vir die wat nog nie weet nie, hier is hul website adres: http://www.mediamache.com (dis 'n flash site, so hou dit ingedagte...)

Verdere Leesstof:

0 mense het al kommentaar gelewer: