#Kamers2014,

Genotvolle dag by Kamers Vol Geskenke

11:38 CornflowerBlues 0 Kommentaar

#Kamers2014 selfie!
Ek en HenriĆ«tte het Saterdag (8 November) Kamers Vol Geskenke toe gegaan. Dit is basies 'n massiewe crafts en kos mark wat een keer 'n jaar vir 'n volle week in Stellenbosch en Pretoria onderskeidelik gehou word. Die goed wat hul daar verkoop is van die hoogste standaard (geen afskeep vakmanskap wat maklik met crafts kan gebeur nie) en ek het my verkyk aan die kreatiwiteit wat mense voorendag lĆŖ.

Henriƫtte by die ingang
Wat grootliks bygedra het tot die dag se sukses was dat Johan vir Linnae gehad het, en diƩ twee en Stephen het soveel pret gehad dat sy die hele dag deur gegaan het sonder om my een keer te mis! Hulle het gaan berg klim, in die see gaan swem, gebraai, en allerhande ander dinge wat hul almal heeltemal uitgeput het. Dit was Linnae se eerste vol dag sonder my en ek was aanvanklik bekommerd daaroor, maar nou weet ons sy kan heerlik saam met haar Pappa kuier sonder probleme! :D

Kamers was amazing. Dis definitief iets wat ek elke jaar sal wil bywoon as ek kan. Die produkte was ongelukkig meestal aan die duur kant, maar daar is tente en tente vol unieke, pragtige, inspirerende goed wat mens se mond laat water. Dan is daar natuurlik die menige kos stalletjies met rĆŖrig iets vir almal.

Kon amper nie hierdie stel strooi kussings weerstaan nie...
Kyk net hierdie pragtige teƫls
Hierdie bord gaan my Studio se naambord word




Meeste van my aankope was Kersgeskenke, dis hoekom ek nie enige foto's daarvan wys nie — wil nie die verrassings weggee nie ;)

Verdere Leesstof:

0 mense het al kommentaar gelewer: