Goed wat ons doen,
Ek sien ek het hierdie blog sorgvuldig geïgnoreer. Niks persoonlik nie ek belowe, dis net dat ek lanklaas gemotiveerd genoeg was om my lewe met enigiemand te wil deel. Ja, ja, ek weet dis eintlik belangrik, en ek weet ek gaan spyt wees as ek dit nie doen nie. Sien, ek wéét al hierdie goed. Nie dat ek intussen motivering ontdek het nie, maar ek het wel besef dis al Mei, die jaar is al halfpad (!) en daar het 'n magdom Baie Belangrike Goed gebeur -- as ek nie vinnig opvang nie gaan dit verewig vergete raak en... slegte goed mag dalk gebeur. Of so iets.
Dus, hierdie is 'n vinnige opsomming van al die aardskuiwende dinge wat ek so sorgeloos nagelaat het om vir jul te vertel. Ek mag dalk selfs oulike, fotoryke inskrywings maak oor sommige van hulle (en hul dan verwyder van hierdie een) in die volgende paar dae/weke/maande. Of nie. Ek het geleer om geen beloftes te maak nie.
Ek het ook die ATKV se Skryfskool in Potch bygewoon saam met Lily (8-12 Maart). Dis 'n 5-dag kursus waar ons werkswinkels en groepsessies gehad het saam met van Suid-Afrika se bestes. Dit was baie insiggewend, én ek het 'n paar maatjies gemaak in die proses (Hallo Danja!). Dit het my wel oortuig dat ek dalk meer baat sou vind by 'n ander kursus, waarvoor ek toe uiteindelik ingeskryf het, maar later meer hieroor.
* Hulle = Pa Johan en Lasarus het al die voorbereiding en meeste fisiese arbeid gedoen. Die wynrakke is opgesit deur Pa Johan en Johan, met 'n bietjie hulp van John af. Ek het die verf gekies en verversings aangedra.
Terug by Ma Elna -- sy is toe geopereer op Dinsdag, 20 April. Dit moes 'n vinnige ding gewees het volgens die dokter ("paar dae tops"), maar uiteindelik was sy in die hospitaal vir 2 weke. Sy was baie deurmekaar aan die begin, sy't gehallusineer en was soms moeilik om te hanteer (ek kan my amper nie indink dat my liefdevolle, vredeliewende skoonma 'n suster met haar waterbottel gegooi het nie...) As 'n side note, Pa Johan het darem leer kosmaak :-). Die operasie was 'n groot sukses, en huidiglik is sy bedlêend (by die huis) terwyl sy in 'n konstante proses van rehabilitasie is. Sy kan al vir kort rukkies staan en sit, en loop al met hulp, maar dis nog moeilik vir haar. En vir Pa -- hy moet nogsteeds kosmaak.
Dit is besig om my lewe te verander. Dis 'n 6-maande, online skryfkursus, "How to Think Sideways (HtTS)" deur Holly Lisle, en hierdie vrou kry dit reg om die onverstaanbare, frustrerende proses van skryf heeltemal te demystify. Wat hierdie kursus vir my so groot sukses maak, is dat sy nie probeer om jou te leer skryf nie (dis i.e.g. iets wat jy op skool moes leer), sy is eerder besig om 'n skrywer te leer hoe om te floreer in sy milleue, en met skrywer bedoel ek enigiemand wat 'n hartsbegeerte het om te skryf. Sy het my oortuig dat enigiemand wat wíl skryf, kán skryf -- dat ék kan skryf.
Dit het my die guts gegee om 'n rêgte-egte boek te begin skryf. Ek moes oorspronklik 'n kortverhaal van 10 bladsye geskryf het as toelating tot die ATKV Skryfskool. Ek het begin skryf, maar my storie was baie groter as die 10 bladsye limiet. Ek het bloot daar opgehou, want dit was al wat ek nodig gehad het. Maar 'n onklaar storie is ook net dit, onklaar. Toe ek 'n 'projek' moes begin as deel van HtTS, toe besluit ek om aan te gaan met my storie, want ek is passievol daaroor (en Holly sê dis wat 'n goeie idee 'n briljante idee maak. Ek glo haar).
Én ek het 'n mikpunt: Lapa Uitgewers het 'n Afrikaanse Jeugroman kompetisie geloots wat 30 September sluit, en ek gaan my boek daarvoor inskryf. Ek is baie opgewonde, en huidiglik ondersteun Johan my baie mooi. Ek hoop net hy kan dit volhou -- dit vat baie, baie tyd, en dis moeilik vir hom omdat hy nie resultate sien nie: ek mag nie die storie vir hom vertel voor dit nie klaar is nie, en 'klaar' gaan eers oor 'n maand of twee gebeur -- dis 100% sy eie besluit -- so hy sien maar net hoe opgewonde ek raak oor van die scenes, en hy hou maar homself besig as ek in die aande sit en skryf.
Fluit-fluit, my storie is uit.
(PS: Het julle gesien hoe mooi Afrikaans ek gebruik het? Dis 'n newe(posi?)-effek van om 'n Afrikaanse boek te skryf :-p EN dit was sonder die hulp van 'n woordeboek (of 'n spelchecker)!! Indrukwekkend.)
Ag Mei, kyk hoe vlieg die tyd!!
Ek sien ek het hierdie blog sorgvuldig geïgnoreer. Niks persoonlik nie ek belowe, dis net dat ek lanklaas gemotiveerd genoeg was om my lewe met enigiemand te wil deel. Ja, ja, ek weet dis eintlik belangrik, en ek weet ek gaan spyt wees as ek dit nie doen nie. Sien, ek wéét al hierdie goed. Nie dat ek intussen motivering ontdek het nie, maar ek het wel besef dis al Mei, die jaar is al halfpad (!) en daar het 'n magdom Baie Belangrike Goed gebeur -- as ek nie vinnig opvang nie gaan dit verewig vergete raak en... slegte goed mag dalk gebeur. Of so iets.
Dus, hierdie is 'n vinnige opsomming van al die aardskuiwende dinge wat ek so sorgeloos nagelaat het om vir jul te vertel. Ek mag dalk selfs oulike, fotoryke inskrywings maak oor sommige van hulle (en hul dan verwyder van hierdie een) in die volgende paar dae/weke/maande. Of nie. Ek het geleer om geen beloftes te maak nie.
Februarie
Ek en Johan het Valentynsdag gaan vier by 'n lieflike restaurantjie om die draai van ons, Full Cream Café. Ek is wel oortuig dat Johan se besluit om my te treat nie veel met die vakansiedag te doen gehad het nie maar eerder gebasseer was op die menu wat hulle na sy foon toe gesms het. Tipies.Maart
Op die 5e het ek, Johan & Shani 'n vertoning by die Barnyard Theatre in Menlyn gaan kyk genaamd "Rock Circus". Dit was 'n kombinasie van sang en akrobatiese toertjies, en was absoluut uitstekend gewees!Ek het ook die ATKV se Skryfskool in Potch bygewoon saam met Lily (8-12 Maart). Dis 'n 5-dag kursus waar ons werkswinkels en groepsessies gehad het saam met van Suid-Afrika se bestes. Dit was baie insiggewend, én ek het 'n paar maatjies gemaak in die proses (Hallo Danja!). Dit het my wel oortuig dat ek dalk meer baat sou vind by 'n ander kursus, waarvoor ek toe uiteindelik ingeskryf het, maar later meer hieroor.
Maart/April
Wouter het kom kuier! Dit was so vinnige kuiertjie saam met 'n Franse vriend van hom van die orkes, en op kort kennisgewing bevind ons toe onsself in Pilansberg. Die idee was om vir Bastian bekend te stel aan Afrika, maar toe reën dit so erg (jip, presies wat ek ook gesê het) dat ons 'n baie "anderse" tyd gehad het (ek het met opset nie gesê "interessant" nie; dit was veel erger.) Ek sal probeer om foto's te post, dit was nogal 'n avontuur :) Net voor sy besoek het Ma Elna haarself beseer. Hoewel sy skaars kon loop was sy saam maar sy kon niks saam met ons doen nie. Toe ons teruggekom het, het die dokter 'n rugoperasie geskeduleer vir middel April.April
Intussen besluit Johan (nie dat hierdie besluit nou eers geneem is nie, dit het net so lank geneem om te materialiseer) dat ons 'n wynkamer moet kry want ons huidige Winoteek spasie is nie meer beskikbaar nie. Pa Johan het vir ons die oop stoorkamertjie gegee agter hul garage en toe begin die pret. Hulle* het gewoel en werskaf, die plek met polystyrene uitgevoer, krag aangelê, 'n aircon ingesit, als geverf, die een deur toegebou, die ander deur 'n dubbeldeur gemaak, rakke ingesit, kort-kort temperatuur metings gedoen, en toe -- uiteindelik -- was daar 'n baie suksesvolle wynkelder wat 'n konstante, ideale temperatuur handaaf en groot genoeg is om 'n gedeelte te kan uithuur aan ons goeie vriend John. Nou staan ons bokse wyn daar binne en wag met rykhalsende verlange vir die dag wat Johan sy mind gaan opmaak oor hoe hy ons wyn wil sorteer. Ek skat dit sal ten minste nog 5 maande wees voor als uitgepak is.* Hulle = Pa Johan en Lasarus het al die voorbereiding en meeste fisiese arbeid gedoen. Die wynrakke is opgesit deur Pa Johan en Johan, met 'n bietjie hulp van John af. Ek het die verf gekies en verversings aangedra.
Terug by Ma Elna -- sy is toe geopereer op Dinsdag, 20 April. Dit moes 'n vinnige ding gewees het volgens die dokter ("paar dae tops"), maar uiteindelik was sy in die hospitaal vir 2 weke. Sy was baie deurmekaar aan die begin, sy't gehallusineer en was soms moeilik om te hanteer (ek kan my amper nie indink dat my liefdevolle, vredeliewende skoonma 'n suster met haar waterbottel gegooi het nie...) As 'n side note, Pa Johan het darem leer kosmaak :-). Die operasie was 'n groot sukses, en huidiglik is sy bedlêend (by die huis) terwyl sy in 'n konstante proses van rehabilitasie is. Sy kan al vir kort rukkies staan en sit, en loop al met hulp, maar dis nog moeilik vir haar. En vir Pa -- hy moet nogsteeds kosmaak.
My huidige projek
Nog voor ek na die Skryfskool toe was, het ek kennis gemaak met 'n skryfster op die internet wat baie hulpbronne gratis beskikbaar stel vir aspirant skrywers, en ek het alles verslint. Dit is die beste materiaal wat in my opinie beskikbaar is (gratis), en ek het baie daarvan toegepas nog voor die Skryfskool. Maar by die Skryfskool was ek baie teleurgesteld toe hulle my niks kon leer wat Holly my nie alreeds geleer het nie. Net daar en dan het ek besluit ek gaan inskryf vir haar volledige skryfkursus (wat terloops goedkoper was as die Skryfskool).Dit is besig om my lewe te verander. Dis 'n 6-maande, online skryfkursus, "How to Think Sideways (HtTS)" deur Holly Lisle, en hierdie vrou kry dit reg om die onverstaanbare, frustrerende proses van skryf heeltemal te demystify. Wat hierdie kursus vir my so groot sukses maak, is dat sy nie probeer om jou te leer skryf nie (dis i.e.g. iets wat jy op skool moes leer), sy is eerder besig om 'n skrywer te leer hoe om te floreer in sy milleue, en met skrywer bedoel ek enigiemand wat 'n hartsbegeerte het om te skryf. Sy het my oortuig dat enigiemand wat wíl skryf, kán skryf -- dat ék kan skryf.
Dit het my die guts gegee om 'n rêgte-egte boek te begin skryf. Ek moes oorspronklik 'n kortverhaal van 10 bladsye geskryf het as toelating tot die ATKV Skryfskool. Ek het begin skryf, maar my storie was baie groter as die 10 bladsye limiet. Ek het bloot daar opgehou, want dit was al wat ek nodig gehad het. Maar 'n onklaar storie is ook net dit, onklaar. Toe ek 'n 'projek' moes begin as deel van HtTS, toe besluit ek om aan te gaan met my storie, want ek is passievol daaroor (en Holly sê dis wat 'n goeie idee 'n briljante idee maak. Ek glo haar).
Én ek het 'n mikpunt: Lapa Uitgewers het 'n Afrikaanse Jeugroman kompetisie geloots wat 30 September sluit, en ek gaan my boek daarvoor inskryf. Ek is baie opgewonde, en huidiglik ondersteun Johan my baie mooi. Ek hoop net hy kan dit volhou -- dit vat baie, baie tyd, en dis moeilik vir hom omdat hy nie resultate sien nie: ek mag nie die storie vir hom vertel voor dit nie klaar is nie, en 'klaar' gaan eers oor 'n maand of twee gebeur -- dis 100% sy eie besluit -- so hy sien maar net hoe opgewonde ek raak oor van die scenes, en hy hou maar homself besig as ek in die aande sit en skryf.
Fluit-fluit, my storie is uit.
(PS: Het julle gesien hoe mooi Afrikaans ek gebruik het? Dis 'n newe(posi?)-effek van om 'n Afrikaanse boek te skryf :-p EN dit was sonder die hulp van 'n woordeboek (of 'n spelchecker)!! Indrukwekkend.)
0 mense het al kommentaar gelewer:
Post a Comment