Weggaan tye

Ons gaan op vakansie!

23:15 CornflowerBlues 0 Kommentaar

Ons gaan uiteindelik op vakansie! As gevolg van Johan se werk moes ons dit uitstel met 2 weke, maar ek het besluit hierdie naweek is die afsnypunt - toe het ek vir ons plek bespreek vir die naweek by Ithala Game & Nature reserve in KwaZulu Natal.

Dis een van die kleiner reservate, en die kampeerplek het net plek vir 'n paar tente. Daar is geen elektrisiteit nie, wat beteken daar's ook geen warm water nie, maar die fasiliteite klink netjies en daar is baie wild en voëls. Ons het i.e.g. nie luukshede nodig nie (hoewel ek ril as ek dink hoe ek hierdie bos hare in koue water sal moet was...)

Van daar af ry ons direk Salt Rock toe aan die kus, waar Johan se ouers en Wouter vir ons wag. Hulle ry al Vrydag deur, maar ons het besluit ons wil eers alleen wees vir 'n ruk voor ons die groter familie-ding doen. Wouter het vriende met 'n vakansiehuis daar, en ons huur dit tot die 19e Des. Ek sien baie uit na 'n see vakansie - ek was baie lanklaas by die see!

Verdere Leesstof:

0 mense het al kommentaar gelewer: