Lekker Champage festival!

22:52 CornflowerBlues 0 Kommentaar


Dit was weer die Absa Champagne festival, en ek en Johan het met groot verwagting afgesit na "Summer Place" in Sandton. Die Champage festival is 'n jaarlikse ding waar die invoerders van Champagne-huise hul wyne uitstal en dan kan jy dit als gratis proe (nadat jy die peperduur kaartjie gekoop het...).

Daar was meer as 80 champagnes, en dit was rêrig lekker! Ek moet darem ook bysê, nie alle champagne is lekker nie, hoor, maak nie saak wat mense sê nie. Die populêres is gewoonlik lekker (interessant genoeg), maar daar is 'n paar mense wat goedkoop champagnes invoer wat nie aangenaam is nie.

Dit gesê, my gunsteling was Billecart Salmon se Rosé wat deur Ken Forrester ingevoer word. En ek is nie as 'n reël lief vir rosé nie (daar is mos hierdie interessante neiging dat vrouens meer hou van rosés). Ek is ook mal oor die Henry Mandois se gewone champagne. In elk geval, genoeg geborrel vir vandag.

Verdere Leesstof:

0 mense het al kommentaar gelewer: