Johan se gesondheid

17:26 CornflowerBlues 0 Kommentaar

Ek was onseker of ek ‘n versoek van die aard hier moet plaas, maar dit was so ‘n traumatiese ding vir ons dat dit seker nie reg sal wees om dit nie met jul te deel nie.
Johan het ‘n paar weke terug weer urienweginfeksie gekry – hy kry dit mos aan en af al vir 10 jaar. Hy’s na ‘n uroloog toe gestuur wat toetse gedoen het. Die toetse het aangedui dat Johan ‘n hewige infeksie het, maar dieselfde toetse word ook gebruik om te toets vir prostaatkanker. Dit het Johan vreeslik ontstel – ek het hom nog nooit so ontsteld gesien nie. Sy pa het mos 2 jaar terug kanker gehad, so ek dink ek weet waaraan hy gedink het.

Ek wil asb. 2 goed vra. Eerstens, bid asb. BAIE vir hom dat hierdie probleem kan genees. Dit gebeur wanneer hy stress/worry, en hy stress deesdae baie met sy werk, en worry vreeslik oor die skuld wat ons moes aangaan net sodat ons met ‘n onklaar huis kan sit. Blykbaar het dit chronies geword toe hulle hom verkeerd behandel het die eerste keer.

Tweedens, moet asb. nie openlik met hom daaroor gesels nie (m.a.w., maak of jul dit nie hier gelees het nie). Hy sal baie ongelukkig wees as hy weet ek het vir almal gesê, hy wil juis nie hê mense moet uitvis oor iets wat vir hom so persoonlik is nie. Sy ouers weet, want hy was te seer om dit vir hul weg te steek, maar verder is hy maar baie terughoudend as dit kom by sulke goed. Hy wil nie hê mense moet fuss nie. Ek’s baie bekommerd oor hom; hy werk nog net so hard want daar’s niemand wat by hom kan oorneem nie, en hy stress nie minder nie.

Verdere Leesstof:

0 mense het al kommentaar gelewer: