Johan se verjaarsdag

04:31 CornflowerBlues 0 Kommentaar

Ons het vandag Johan se verjaarsdag gevier op ‘n baie stil manier. Ons was vanaand Zest Restaurant toe in Menlo Park, waar ons (soos gewoonlik) ‘n wonderlike ete gehad het.

Ons het ons nuwe Riedel kristal wynglase gevat, saam met ‘n 2000 Synchronicity (‘n GOEIE rooi wyn), en eend en ‘union tart tartin’ geëet. Dit het natuurlik Johan se dag kompleet gemaak.

O, moenie vergeet dat dit ook ‘ons’ verjaarsdag (huweliksherdenking) was nie! Omdat Johan EN ons verjaar, het ek blomme gekry! Is dit nie perfek nie? A lekker groot, sonnige bos geel blomme, met rose in. Baie mooi en vrolik.

Verdere Leesstof:

0 mense het al kommentaar gelewer: