Troeteldiere

Hoe Chino haar naam gekry het...

18:03 CornflowerBlues 0 Kommentaar

My nuwe katjie het uiteindelik 'n naam: Chino. Dis die laaste deel van cuppachino, en die arme kat was vir amper twee weke naamloos, behalwe vir al die byname soos kieterkat, katteraas, gesiggie, kat!, kleintjie, dingetjie, mooiste, pragtig, kleinding, Whiskers (dit was pa Johan se poging om 'n bydra te lewer)... shaim, die arme ding sou binnekort 'n identiteitskrisis ontwikkel! Hoe ons uiteindelik 'n naam gekry het wat ons ALBEI van hou is nogal 'n snaakste storie :-).

Ons het begin deur algemene idees rond te gooi:

Johan: "Sy's grys, wat van Earl Grey?"
Elmi: "Nee, yuck! Niks tee name nie! En sy's 'n vroutjie." (dink bietjie) "Ek hou van Cindy. Of wat van Vasti?"
Johan: "Maureen se sussie se naam is Vasti. En Cindy klink soos 'n mens se naam."
Elmi: "OK. Sy lyk vir my soos 'n Tammy."
Johan: "Tammy? Hoe lyk 'n Tammy? Nee, en wat beteken dit anyway? Dit moet mos iets beteken"
Elmi: *sug*
Johan: "Ek weet! Pretzel!"
Elmi: "Huh?"
Johan: "Man, soos in 2 Weeks Notice. Jy weet, bob cat, pretzel... Dis 'n hoërgraad naam."
Elmi: "Uh, sit dit op die lysie..."

Elmi ('n week later): "OK, waarvan hou ons? Ons hou van wyn...wat van Merlot? Shiraz? Huh, Chardonnay? -nee, dis te lank..."
Johan: "Wat van Muscat?"
Elmi (lag eers baie lank en hard): "Dis oulik maar... nee."

Elmi (nog 3 dae later, terwyl sy die 1e bladsy van 'n House of Coffees menu lees): " '...do you have a dog named Java? Then you are a coffee lover, my friend...' Wat van Java? Of Latté?"
Johan: "Wat van Plunger?"
Elmi: "Of Presso, jy weet, vir Espresso...? 'Kom hier, Presso! Presso!' Nee, dit werk nie."
Johan (of dit kon Elmi gewees het, wie sal ooit weet?): "Hoe klink Chino? Vir Cuppachino."
Die ander een: "Chino... Chino... OK."
________________
Ek dink ons moet maar in 'n naamboek belê vir wanneer ons kinders kry -- as enigiemand gewonder het wat om vir ons vir Kersfees te kry...

Verdere Leesstof:

0 mense het al kommentaar gelewer: