Verjaarsdae,

Johan se verjaarsdag-verrassing

18:34 Elmi Raubenheimer 0 Kommentaar


Johan het 29 September verjaar, en ons huweliksherdenking was ook op 29 September (nes laas jaar). Ek het hom verras deur 'n weggaan te reël vir die naweek by De Hoek Country House, 'n 5-ster hotel in die Magaliesberge.

Hulle het spesiaal vir hom 'n (baie, baie lekker) mini sjokoladekoek gebak (MET 2 kersies op) wat hulle vir ons na aandete gebring het. En toe ons by ons kamer kom, toe wag daar vir ons 'n romantiese borrelbad met roosblare en kerse, en 'n komplimentêre bubbly en champagne glase.

Wat 'n wonderlike ondervinding! Dit was baie lekker om bietjie weg te gaan. Dit is ongelooflik mooi en rustig daar, en as jy ooit eendag ryk is moet jy dit gaan beleef!

Verdere Leesstof:

0 mense het al kommentaar gelewer: