Ek het graad gekry!

02:36 CornflowerBlues 0 Kommentaar

Vandag was 'n mylpaal in my lewe - ek het my graad ontvang van The Open Window af. Na 3 jaar van swoeg en sweet is ek uiteindelik deel van die massa gekwalifiseerde jongmense wat nou die wye wêreld moet invaar met onsekere ywer en naïwe entoesiasme. Ag tog.

Maar ek is nie bang nie. Met my wonderlike man aan my sy en my naïwe entoesiasme veilig in my agtersak, loop ek sommer die wêreld tromp-op. Want as jy bang is moet jy maar huis toe gaan, en ek is beslis nie lus om dit te doen nie ;-)

PS: Hierdie reën wat so aanhoudend die afgelope tyd geval het, het oral nuwe lewe gebring. Ons veld was nog nooit so groen en die goggas nog nooit so baie nie. Die hase teel aan soos konyne (sonder skaampte), en natuurlik kom die onkruid oral op soos bossies. As die vlermuise en flatties net in verhouding tot die muskiete wil vermeerder, dan sal my vreugde volmaak wees!

Verdere Leesstof:

0 mense het al kommentaar gelewer: